Turkse bad

’n Hamam in Istanboel wat deur Mimar Sinan ontwerp is.
In ’n moderne hamam.

’n Hamam (van Arabies: حمّام, ḥammām) is ’n Midde-Oosterse weergawe van ’n stoombad. In Wes-Europa was die Turkse bad as ’n manier om te was en ontspan veral in die Victoriaanse tydperk gewild. Om ’n Turkse bad te gebruik is soortgelyk aan ’n sauna, maar dit is nader verwant aan antieke Griekse en Romeinse badgeriewe.

In ’n Turkse bad ontspan ’n mens eers in ’n kamer wat deur droë, warm lug verhit word om die mens te laat sweet. Daarna bly die persoon in nog ’n warm kamer voordat hy homself met koue water afspoel. Nadat hy gewas en ’n massering gekry het, ontspan hy in die "afkoelkamer".

Die woord ḥammām is afgelei van die Arabiese stam ḥmm wat hitte beteken en waarvan baie ander woorde afgelei is wat met warm verband hou, soos warmbron, koors, ens.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search